
U word hartlik
uitgenooi na die
huweliksbevestiging
van
Hesli
dogter van
Reenen en Susari Teubes
&
Daniél
seun van
wyle Andre en Danette Heyns
13 Desember
Die Woud, Caledon
15:30 vir 16:00
Formele Swart Drag
RSVP asseblief teen
27 Oktober 2025
.jpg)

FEESVIERINGE
Vrydag
12 Desember 2025
Caledon Bowling Club (rolbal klub)
17:30 vir 18:00
Ons nooi met groot opgewondenheid al ons familie en vriende uit om Vrydagaand voor die troue saam met ons te kom kuier en ’n heerlike spitbraai in Caledon te geniet.
RSVP ASseblief SAAM MET TROUe RSVP
-
Saterdag
13 Desember 2025
Die Woud, Caledon
15:30 VIR 16:00
Seremonie begin om 16:00 - neem asseblief teen 15:50 op die laatste u plekke in die seremonie area in.
Swart en stylvol – formele kleredrag
sien ons pinterest board vir inspirasie
Kontantkroeg
geen eie drank word toegelaat
Kinders en metgeselle slegs op uitnodiging
’n Pendelbussie sal beskikbaar wees om gaste tussen hul verblyf in Caledon en die venue te Vervoer.
RSVP ASSEBLIEF TEEN 27 oktober 2025

REGISTRY

BELANGRIKE INLIGTING
GESKENKE
Sou u 'n geskenk wou koop, spaar u self die loop. Ons nessie is klaar geveer en n geldjie sal ons baie waardeer.
Seremonie
Ons nooi u graag om werklik teenwoordig te wees by ons seremonie en vra dus dat alle fone en kameras afgeskakel en gebêre word vir die duur van die seremonie.
Ons fotograaf sal al die oomblikke vasvang dat julle die oomblik net saam met ons kan geniet.
Metgeselle
Ons wens is om ’n intieme dag met ons naaste familie en vriende te deel, en vra dus dat slegs die gaste wat spesifiek genooi is, die dag saam met ons vier.
'n Plus-een (en kinders) sal aangedui word op jou uitnodiging indien hulle genooi is.
Ons waardeer julle begrip.
Kleredrag
Ons tema is formeel en swart – ons sal dit opreg waardeer as jou kleredrag hoofsaaklik swart is.
Dit is nie nodig vir n volledige pak vir die mans nie– ’n stylvolle en netjiese wit of swart hemp en swart broek pas perfek by die tema.
Die seremonie vind plaas buite, in die woud, op 'n natuurlike terrein. Ons beveel aan dat dames plat skoene, blokhakskoene of stylvolle sandale dra – stilettos en baie fyn hakke mag onprakties wees. Ons wil hê jy moet gemaklik wees én dans!
Verblyf
Indien julle nog nie verblyf bespreek het nie - bespreek liefs so gou moontlik aangesien verblyf in die area beperk is.
Venue

Ons sien uit om julle daar te hê!